Ek het plek bespreek vir 30+ grootmense en 9 kinders om ons dogtertjie se doop te vier.
Hulle pryse was billik, en die tafels was pragtig gedek en versier. Die kos was heerlik en Eloise en haar span het uit hul pad gegaan om ons gelukkig te hou.
Die buffet was uit die boonste rakke (veral die hoenderpastei) en alhoewel die restaurant oop was vir besigheid, en stampvol was, was die kelners vriendelik en flink met ons gaste se ekstra bestellings.
Baie dankie, Eloise, julle het die dag nog meer spesiaal gemaak.
Emmerentia Jooste Kruger
+5
Baie dankie aan die gasvrye Marizanne en Blom wat die ekstra myl loop vir kliënte! Ons het na sluitingstyd hier aangekom en desondanks bederf met die heerlikste wortelkoek en cappuccino. Dankie Blom en Marizanne! Ons kom gou weer! �
Dankie dat julle ons dogtertjie se doop dag ekstra spesiaal gemaak het. Baie goeie diens, heerlike kos and lekker speel area vir die kinders! Doen jouself 'n guns en gaan kuier 'n bietjie hier. Doen baie moeite vir spesiale geleenthede!
An error has occurred! Please try again in a few minutes