Baie baie dankie vir die ongelooflik lekker en vriendelike diens!! Hier is nie beter diens in Harties as by julle nie!! Die "Burger special" is net ongelooflik!! Ek het nie gedink ek gaan my chicken burger kan klaar maak nie, maar ek kon hom net nie neer sit nie!! Die beste beste burger in die dorp!!! Dan het ek nog nie eers gerave oor die "Freakshakes" nie!!! Dit is net verby lekker!!! Julle is sowaar die beste plekkie in Harties!! Diegene wat nog nie weet van julle nie of nog nie hier kom draai het nie!! Mis ongelooflik baie uit!! Mag NINA'S net nog meer groei van krag tot krag!! Lief julle baie!!!
Ons het die heerlikste tuisgemaakte kerrie en rys van tannie Magdaleen gekoop. Dan moet ek ook nie vergeet om te noem hoe dekadent die Lemon Meringue tert en die wortelkoek cupcakes was nie. Harties het verseker 'n juweel, bobaas bakster en kok gekry. Mag Nina's net van krag tot krag gaan. Julle kos en gebak is van die beste gehalte. Alle voorspoed en sukses bid ek julle toe
Wat n heerlike verrassing om uiteindelik in te stap by n plek waar jy onmiddelik voel of jy by jou eie mense , amper familie kom kuier het . Die bobotie ,geelrys en rosyne was so smaakvol en geurig voorberei ek kon sweer ons is by ouma op die plaas vir sondag middag ete.
Die kos is werklik voorberei deur mense wat n voorliefde het vir kosmaak want jy kan dié liefde proe , die diens is uitstekend, die atmosfeer is great en kos fantasties , wat meer wil jy hê ? Ek is flippen bly hulle is so naby ,net langs die petrolstasie in Ifafi
Baie dankie en ek weet julle is besig om harties en omgewing op sy kop te draai , met julle tuis gebak en diens -hou so aan en baie geluk!
Groete
Jurie Bekker
An error has occurred! Please try again in a few minutes