So kom my gibbes mos toe vandag hier aangewals. Sê ons moet gaan middag maak daar dour waar ons nog nie was nie. Ek sê nee maar ek wil dit hê, en Liewe Lettie en ek spring met onse gatte daar in die lorrie in en neuk hier berg-oor
Ek het daar neffens ou Paultjie Cluver se plaas 'n bordjie gewaar wat praat van 'n rokery gedoente en ons beur suintoe.
Maar man, is dit nou vir jou 'n feesbesigheid. Die plek is stampvol, maar ons kry daar 'n ou gaatjie en maak sit. So 'n oulike klimeid wat ken van die klas van dinge, beveel 'n gimmerbier aan en vertel ons hoe die bedryfie nou eintlik werk. My oog vang die beesbors, maar die rib affêre lees net so lekker. Ek en Liewe Lettie besluit ons deel en ons sit onse bestelling in. Dis nou beesbors en rib en koolslaai en weergebraaide boontjies en kapok ertappels en tjips, want my hart se punt vrek oor tjips, al sê ou Tim Noakes ook nou sy moet stadig met die goeters
Terwyl ons nou so sit wag dat hulle aflewer, kry ek rooklus en stap op die werf op om skyf te trek. Kom toe daar by 'n afdak geneuk waar 'n man werskaf. Dis nou die rookkamer vertel hy. Hy het daar 'n gat in die grond waar hy 'n vuur met appelhout stook. Langes die is nou so 'n drie by ses voet praalgraf gedoente met 'n gat aan die vuurkant. Hy is so halflyf diep met 'n blikdeksel. Daarin lê nou bees vleise en vark vleise, netjies toegedraai in blink pampier en die rokie warrel so om hulle. As ek die ding nou so bekyk, lyk dit vir my hy is al van vroedag af aan't stook en werskaf.
Ek wou nog so bietjie uitvra, want hier op my dronktrippie oor die water destyds, het ek daar op Highway 10 neffens El Paso ook op so 'n gedoente afgekom, maar die Thunderbirds, dis nou Tequila en Tabasco sous, het my partykeer dinge laat sien wat ek nie kan reg onthou nie. Maar ek val my nou self in die rede.
Die klimeid kom sê toe ons kan maar aansit. Maar ek sê vir jou, ek maak sit daar voor 'n houtplank met 'n bruinpampiertjie op. En in die middel lê daar nou vir jou 'n stuk beesbors met so 'n vetstreep aan die eenkant. Hy is soos saffies soos haaspoefies en jy het nou nie eers 'n mes nodig vir hom nie. Voor Liewe Lettie plak hulle 'n stuk beesrib neer wat drip van die sous. En daar staan 'n flessie kapok ertappels gemaak met karringmelk. Ek proe proe hom so met die vinger saam en die suurgheit sit so liggies op die tong. En daai weergebraaide boontjies slat die jackpot. So lekker souserig. Nie soos daai droeës lang die Rio Grande nie. Dié het my altyd laat verlang na wurrepatat.
Die koolslaaitjie het dan glad vir jou anys in. Ek weet hier vreet ons ons vandag binne in onse moere in aan die bank kos. Ons deel onse vleisies en so halfpad deur merk my hart se punt op sy is nou al so dik soos 'n donnerweer, maar die lekkerte wil net nie opraak nie. Toe ek so terugsit en die souse uit myse baard uitvee, toe lê daar nog net een tjippie in die bak en die is saam met die skottelgoed daar weg
By die poering kom ons nie eers uit nie, want plek is daar nie meer nie. Ek drink darem 'n espresso'jtie, gemaak van die pitte uit daai swart slopie met die bloupers groothond op, ja ek kon wragtag proe dis Terbodore, terwyl ek wag vir die pampiertjie met die pryse. Ek sit wonder nog watter ledemate ek sal moet prysgee, maar tot my verbasing is dit toe by billik verby en my linkerbal is veilig.
Ek sê toe daar vir Liewe Lettie ons sal nou iewers op 'n grondpad moet afdraai dat ons hierdie kosse in gaatjies in kan stamp. Daar van Botrivier af maak ons toe so. Ons ry langpad hier deur die plase Vyeboom se kant toe. Die wêreld is mooi groen en die mofskape lyk vet. Ons verlekker ons aan nattigheitjie langs die pad en sneeu op die berge. Op die draadloos speel daar 'n musiekkie van vergange dae
Jereweet, menswees was nog nooit so lekker nie
What an authentic, incredible experience! The food is exceptional! The brisket and slaw is especially delicious and decor is so true to what they are trying to create from an experience point of view! Most of all the owners make you feel really looked after, customer service at it's best! Highly recommend it and worth the drive which only took 50 mins from Cape Town!
Easygoing atmosphere with a pitmaster keen to show what and how he does the good meat.
Great southern music and great beer to go with good smoked tendergood quality beef pork and fowl
Sides are damn good and the sauces are homemade yummy. Altogether a great experience far removed from the usual fast food yucky stuff.
An error has occurred! Please try again in a few minutes