Lieflinge - uitstekende vertoning! Kos onverbeterlik. Net jammer die kelner het vergeet van vriendin se nagereg - ons het gedurende pouse die rekening vereffen en vir die porsie nagereg betaal, hy sou dit onmiddellik bring. Na die vertoning moes ons hom roep. . . hy het vergeet. Sy het maar die porsie kaaskoek in weggooi-houer gekry om weg te neem, haar verlies, kan tog nie roomys bysit nie, dit sou smelt.
Het gisteraand Joshua the die Reën gaan kyk. Die kos was heerlik (en bekostigbaar) , die vibe was great, goeie diens vanaf ons kelner en ons kon die verhoog sien. Alhoewel die stoele nogals ongemaklik is,, sal ons definitief weer kom! Well done julle, puik aand gewees!
Het Saterdagaand na Manie en Oom Tommy gaan luister en kyk. My gate uitgeniet. Die kos was heerlik (en bekostigbaar) , die vibe was ongelooflik, goeie diens vanaf kelnerin en ons kon die verhoog sien. Alhoewel die stoele heelwat ongemaklik was, sal ek definitief weer kom! Mooi man julle is puik en dit was n lekker aand gewees!
An error has occurred! Please try again in a few minutes